Ons by Rinkel Krinkel Kleuterskool streef daarna om ons leuse
"Waar klein mensies groot drome droom" uit te leef.
Ons
speel, leer en groei saam.
Rinkel
Krinkel Kleuterskool is geleë in die pragtige omgewing
Mountain View, Pretoria.
Ons beskik
oor ‘n goed toegeruste en ruim boomryke speelpark.
Kinders se belange word altyd
eerste gestel en ouer betrokkenheid is vir ons
belangrik.
Ons
onderrig is gebasseer op Christelike beginsels en ons
skep 'n veilige omgewing vir kleuters en streef daarna
om kleuters aan te moedig om te groei in alle vlakke
van ontwikkeling, om kreatief te wees en selfversekerd
te wees vir die pad vorentoe.
Ons bestaan
al reeds meer as 40 jaar
Ons is geregistreer by:
- die VVOS (Vereeniging
vir Voorskoolse Opleiding en Sorg)
- tans besig met registrasie vir Kleinkindontwikkeling
(DSD)
- Departement van Gesondheid en Maatskaplike dienste
Kurrikulum:
* Nasionale kurrikulum raamwerk vir 0 - 4 jaar
(NCF 0 - 4 years)
Visie:
-
Lewering van kwaliteit diens
-
Skoolgereedheid van kleuters
-
Liefedevolle, kreatiewe omgewing vir kleuters te
skep
-
Gekwalifiseerde personeel asook Noodhulp
-
Te staan as die beste skool
Missie:
-
Ons handhaaf Christelike norme en waardes
-
Kinders se belange word eerste geplaas
-
Goeie verhouding met ouers te handhaaf
Wees gerus, u kleuter is in goeie verantwoordelike
hande met ‘n opvoedkundige en vrolike omgewing.
Ons sien uit daarna om deel
te wees van die verryking van u kind se opvoeding.
Mag die tyd hier by ons
skool vir u en u kind ‘n besonderse tyd wees waaruit
mooi herinneringe sal voortspruit.
Rinkel Krinkel groete
|